
Selfverstaan
Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
KERNWAARHEDE
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid.
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...
.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.
Hierby staan ons, dit kan nie anders nie: |
.
Dagstukkie

OORDENKING
Sondag 1 November
Onderskat ons die Woord van God?
Iemand stel die ander dag voor dat ons iets aan die erediens moet doen om dit te vernuwe om meer mense te lok. Hy stel toe voor om ’n spreker te kry wat na die erediens ’n interessante praatjie sal lewer. Dink ’n bietjie hieroor na. Dit veronderstel dat die Woord van God nie genoeg is nie, nie opwindend of interessant genoeg vir die moderne mens is nie. Dit veronderstel daar moet dinge gebeur wat opwindend en interessant is en wat mense lok. Dit veronderstel dat die krag van die Woord of die erediens, in die “performance” van mense lê. Dit klink so asof die mens na die prediking of erediens iets meer het om te sê as wat die Woord van God sê.
In die Romeine brief sien ons dat geloof kom deur die prediking wat ’n mens hoor, en hierdie prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. Baie mense, selfs die Israeliete as uitverkore volk, hoor en verstaan die prediking, maar ontvang steeds nie die geloof nie. Ons kan ook verwys na Jesaja en sê: “Ek het My laat vind deur mense wat My nie gesoek het nie, na mense wat nie na My gevra het nie.”
Die waarde en die kragtige werking van God se Woord, van die prediking en van die erediens, lê nie in die prestasie of insette van ’n mens nie. Die mens is sondaar, in alles gebroke en is feilbaar om aan God se Woord waarde te gee. Dit gaan dus glad nie oor wat mense sê of doen nie, maar dit gaan alles oor wat God doen. Gelukkig lê die krag van die Woord van God, in God die Heilige Gees self.
Ds. Louis Alberts, Pietersburg
𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2026 - (CC BY-NC-ND)

Teken in op ons poslys
Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.
Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.
