
Selfverstaan
Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
KERNWAARHEDE
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid.
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...
.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.
Hierby staan ons, dit kan nie anders nie: |
.
Dagstukkie

OORDENKING
Maandag 12 Oktober
Oud en nuut
Daar is min dinge so aangenaam as om iets nuuts te kry. As jy klein is, is nuwe dinge geskenke wat jou niks kos nie. Maar as jy volwasse is, besef jy gou dat die “nuwe” met ’n prys kom. Met rand en sent en beplanning en opoffering. Daarby is dit nie altyd maklik, of selfs aangenaam, om afstand te doen van die oue nie.
In die gedeelte wat ons gelees het, praat Jesus oor oud en nuut. In die besonder gaan dit oor die gebruik om te vas. Gewoonlik is daar net een keer ’n jaar gevas op die Groot Versoendag. Die Fariseërs het op Maandae en Donderdae asook tydens sterfgevalle en begrafnisse gevas. Dit was ’n uiterlike teken om hul vroomheid aan te dui. Terwyl die Fariseërs dan besig is met een van hul vasdae, word hul erg gegrief deur Jesus en die dissipels wat eet en drink en vrolik is. Daarby sit daar bedenklike karakters aan die tafel. Ons kan ons indink hoe ontsteld die Fariseërs moes wees. Is Jesus besig om alle oorgelewerde gebruike, wette en tradisies uit die weg te ruim? Beteken dit ook ons moet ons sienings verander en aanpas? Jesus se antwoord toon egter dat dit om iets veel dieper en groter as net ’n gebruik of ’n tradisie gaan. Dit gaan nie oor wanneer of saam met wie om te eet nie. Dit gaan om jou hart se gesindheid. Dit gaan om die REDE waarom jy iets doen. Dit gaan om ongereserveerde liefde tot God. Liefde wat bewys word in gehoorsaamheid aan God se Wil. En God wys Sy liefde deur sondaarmense te roep. Soos vir Levi, ’n tollenaar. Die tollenaars was bekend daarvoor dat hul die mense beroof en uitgebuit het. Waarom bemoei God hom dan met so ’n mens? Want, sê Christus, ’n siek mens het ’n dokter nodig. So het ’n sondaar vir God nodig. En Christus maak van die sondaar ’n nuwe mens. ‘n Mens wat begenadig is. ’n Mens wie se uitkoms verander word van verlore na gered. Dit is die wonder, ons weet dat ons nie uit ons eie daartoe in staat is nie. Ek is nuut deur Christus wat my nuut gemaak het.
Ds. Ronel Eckard, Zoutpansberg
𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2026 - (CC BY-NC-ND)

Teken in op ons poslys
Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.
Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.
