Selfverstaan
Selfverstaan

Ons unieke geskiedenis toon dat ons teologiese verstaan Bybels Reformatories gebly het. Dit is met die uitbeweeg onder die dwingelandy van die NHKA se onskriftuurlike besluite dat ons selfverstaan ten opsigte van gemeentes en sinodale bande noodgedwonge verander het. Daar is geen dwingelandy in die GHG nie; ons ag mekaar gebonde aan die Bybel, die Belydenisse en die Formuliere van Eenheid.....

So Glo Ons
So Glo Ons

KERNWAARHEDE 
1. Die Bybel is die Woord van God:
• In lyn met Artikel 2 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, glo ons dat God se openbaring in sy Woord genoegsaam is vir ons saligheid. 
• Die Bybel is deur God geïnspireer en dra daarom 'n gesag wat bo enige menslike insigte en wysigings uitstyg...

.

Geskiedenis van die Geloofsbond
Geskiedenis van die Geloofsbond

Ons sien onsself as Hervormers en as die ware voortsetting van die Voortrekkerkerk. Lees meer oor die geskiedenis en ontstaan van die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes.

Hierby staan ons, dit kan nie anders nie:
Tree ons weg, tree ons uit die ware LIG.
Tree ons terug, versaak ons die WAARHEID.
Tree ons uit, verloor ons die LEWE.

.

Dagstukkie

GHG

OORDENKING

Donderdag 24 April
Geloofsekerheid

Johannes 6:47-54

Om die eiendom van Jesus Christus te wees, het nie net betrekking op die tydelike lewe nie maar ook op die ewige lewe. Ons moet nou nie dink die ewige lewe, het net betrekking op die lewe na die dood nie, dit het ook betrekking op die lewe aan hierdie kant van die graf.
Hoe verstaan ons dit nou? Johannes 6:47: “Wie in My glo het die ewige lewe.” Dit is wel waar dat die ewige vreugde in die hemel tot sy volle ontplooiing kom, maar dit is ook so dat die gelowige hier op aarde die beginsel van die ewige vreugde in sy hart ervaar. Die klem van die ewige lewe word duidelik hier in hierdie lewe gevoel. Die ewige lewe is die nuwe geheel andersoortige lewe wat by die wedergeboorte ontstaan en daarna nooit weer verwelk nie Dit is ewig! Hierdie nuwe lewe bewys sy andersoortigheid daarin dat die gelowige voortaan van harte gewillig en bereid is om vir die Here te leef. Die ou natuurlike lewe maak die mens slegs bereid om vir homself te leef. Dit beteken nie dat elke mens nou volmaak is nie, maar al bly die sonde, is hy bereid en gewillig om vir die Here te leef.
Hoe staan dit met ons? Is ons gewillig en bereid om vir die Here te leef of leef ons maar nog graag vir onsself?Ds. Jan Schroeder (Emeritus)

𝔊𝔢𝔩𝔬𝔬𝔣𝔰𝔟𝔬𝔫𝔡 𝔳𝔞𝔫 ℌ𝔢𝔯𝔳𝔬𝔯𝔪𝔡𝔢 𝔊𝔢𝔪𝔢𝔢𝔫𝔱𝔢𝔰 Lewensbrood 2025 - (CC BY-NC-ND)

GHG

Teken in op ons poslys

Koersvas is 'n amptelike mondstuk van die GHG waarin kerknuus en aktuele sake aangespreek word. Die Skietlood is die mondstuk van die GHG waarin dieper geestelike sake aangespreek word.

Stuur 'n epos aan [email protected] om in te teken.