Geloofsbelydenis van Nicea

Geloofsbelydenis van Nicea

Geloofsbelydenis van Nicea


Geloofsbelydenis van Nicea

Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, en van alle sienlike en onsienlike dinge;
en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye;
God uit God, Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God,
verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader; deur wie alle dinge ontstaan het;
wat ter wille van ons, die mense, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel,
vlees geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het,
wat selfs vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is;
en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte;
wat opgevaar het na die hemel, en wat sit aan die regterhand van die Vader;
wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel, dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het;
wie se koningsheerskappy geen einde sal hê nie;
en in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker,
wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word,
wat gespreek het deur die heilige profete.
Ons glo een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels.
Ons bely een doop tot vergifnis van sondes;
ons verwag die opstanding van die ontslapenes, en die lewe van die toekomstige eeu.
Amen.


Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge;
en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore:
Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God,
gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het.
Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal
en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword: Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy vir ons gekruisig;
Hy het gely en is begrawe.
Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar.
Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom
om die lewendes en die dooies te oordeel.
Aan Sy koningskap sal daar geen einde wees nie.
Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak.
Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik.
Hy het deur die profete gespreek.
Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk.
Ons bely een doop tot vergifnis van sondes.
Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling.
Amen.





 Belydenis van Nicea (Laai af as PDF - 0.7 MB)