Apostoliese Geloofsbelydenis

Apostoliese Geloofsbelydenis

Apostoliese Geloofsbelydenis


Apostoliese Geloofsbelydenis

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader;
van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
Ek glo in die Heilige Gees;
Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges,
die vergewing van sondes,
die opstanding van die vlees
en 'n ewige lewe.


Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;
en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is. Hy het die lyding van die hel ondergaan.1
Hy het op die derde dag opgestaan uit die dood;
opgevaar na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Ek glo in die Heilige Gees;
Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die liggaam
en 'n ewige lewe.



1 HK Sondag 16 V&A 44

Apostoliese geloofsbelydenis (Laai af as PDF - 0.6 MB)